Square dance

Moderne Square dance-vorme het dwarsoor die wêreld gewild geraak: 'n Duitse square dance-groep in Itzehoe, Sleeswyk-Holstein. Die dansstyl is ná die Tweede Wêreldoorlog deur Amerikaanse soldate na Duitsland geneem. Die eerste Square dance-klub is in 1949 deur Paul Hartman in Bremen gestig

'n Square dance (in Afrikaans soms ook kadriel genoem, afgelei van die Franse term quadrille) is 'n sambreelterm vir 'n reeks dansvorme met vier danspare wat teen die begin van die dans aan die vier kante van 'n vierhoek staan. Square dance-dansstyle word tans met die Amerikaanse volkskultuur verbind, maar het hul oorsprong nogtans in die Ou Wêreld - so in Engeland waar square dances reeds in die 16de eeu gedokumenteer is, maar ook in Frankryk en elders in Europa. Ook sogenaamde wewerdanse, waarin die verskillende stappe van die weefproses uitgebeeld word, word onder die voorlopers gereken. Die dansstyle van verskillende immigrantegroepe het in die Nuwe Wêreld saamgesmelt tot nuwe vorme.

Square dance-geesdriftiges noem ook volksdanse in Skotland, Skandinawië en Spanje as moontlike voorlopers van dansstyle wat in die Verenigde State in twee hoofgroepe geklassifiseer word - as tradisionele en moderne square dances. Die laasgenoemdes staan ook bekend as Western (American) Square dance.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search